In ons Werkswinkel Meer Oor Ons

“Ons is al vanaf 1989 reeds in besigheid as ankerwisselaars van elektriese motors en alternators, asook herstel van kompleet kragopwekkers.  Nadat ons die behoefte raakgesien het vir nuwe kwaliteit bekostigbare kragopwekkers, is Continental Generators in 1994 gestig, toegespits op die bou van nuwe kragopwekkers en die maatskappy het gegroei van krag tot krag in die afgelope jare.
Ons aanvanklike mark was landbou en myn sektore, maar ons het vinnig besef dat daar net so ‘n groot behoefte was in die industriële, uitvoer en toerisme markte.
Ons perseel bestaan uit ‘n werkswinkel en dupleks kantore wat ‘n totaal van 1200m2 beslaan met voldoende vervaardigings fasiliteite.  Ons is op ‘n konstante basis besig met opgraderings om werksvloei, kwaliteit diens en produkte te verseker.

 

Bestuur

Die besigheid word deur die eienaar self bestuur.  Die persoon aan die stuur is Coenie Bester.  Kwalifikasies agter sy blad is: Diploma in Agri Wetenskappe; Dimploma in Elektriese Ankerwisselling; 17 jaar ondervinding as ankerwisselaar; 13 jaar ondervinding in kragopwekker vervaardiging.

Ons lyn van besigheid

  • Koordinering van projekte waar kragopwekkers met ander multi-applikasies moet inskakel.
  • Konsultasie oor meganiese en elektriese behoeftes
  • Voorsien van kragopwekkers vir industriële en landbou doeleindes, vir nasionale sowel as internasionale kliënte.
  • Koordinering van elektroniese ontwerp waar bystand kragopwekkers nodig is.
  • Sinkronisering van kragopwekkers vir die opbou van ‘n kragopwekker bank tot die benodige kVA.
  • Sinkronisering van kragopwekkers met Eskom toevoer vir “No Break Return’ gee u goeie waarde vir geld.

Ons het al kragopwekkers verskaf aan:

  • Landbou – Van aartappel boere tot krokkodil plase
  • Hortikultuur – Miljoene blomme vir pragtige meisies, met bystand krag van ons af.
  • Spyseniering – Voorbereiding en komersiële besighede.
  • Bosbou – Baie bome is al verwerk na planke & papier met bystand krag van ons kragopwekkers.
  • Gastehuise en hotelle – Akommodasie verskaffers regdeur Suid-Afrika is afhanklik van ons kragopwekkers sodat hulle gaste nie in die donker sit nie.
  • Diamant industrie – Myne en individuele myners.
  • Draad industrie
  • Jurgens Ci – Groot hoeveelhede karavane word gebou vir u plesier, met bystand krag deur ons verskaf.
  • Departement van Publieke werke – Werk gedoen in Limpopo, Noord Wes en Gauteng Provinsies, wat insluit polisie stasies, hospitale, korrektiewe dienste, klinieke, ens.

Hou hiervan? Iemand anders / iemand wat jy ken kan dalk ook. Oorweeg dit om die woord te versprei op een van hierdie webwerwe of skakels..

Email this Save to your Favorites Send to Facebook Send to MySpace Send to Google Tweet this Send to StumbleUpon Digg this Send to Linkedin Send to Delicious

Kry meer opsies

Oor ons
|
Werfprivaatheid
|
Kontak Ons
|
Kopiereg © Continental Generators. Alle Regte Gereserfeer. Webwerf ontwerp & Instandhouding deur Shellseeker.